Ekonoom sê spoor na Botswana sal groot voordele inhou
Die Trans-Kalahari-spoorlyn word al sedert 2011 beplan maar daar’s geen vordering nie weens ‘n tekort aan befondsing. Die begroting is sowat 9,5 miljard Namibiese dollar en TransNamib soek ook nog na die regte vennoot. Botswana sal sy natuurlike hulpbronne met die 1 500-kilometer spoorlyn via ‘n droëhawe op Gobabis na Namport se geriewe in Walvisbaai uitvoer. Tans word steenkool en meer per vragmotor tot in Gobabis geneem en word dan deur TransNamib tot op Walvisbaai vervoer. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor gesels wat sê die voltooide spoorlyn sal geweldige voordele inhou.