Beesvleis-uitvoere styg met 44%
Jaar tot datum het Namibië se beesvleis-uitvoere met 44 persent gestyg tot 20,7 miljoen kilogram. Maar, ten spyte van die goeie groei, het Oktober se uitvoere op 1,4 miljoen kilogram, of 11,3 persent laer as verlede jaar, ingekom. Die EU het 55,3 persent van die totale uitvoere ontvang met Suid-Afrika wat 20,4 persent, Brittanje met 14,5 persent en Noorweë wat 7,21 persent ontvang het. Invoere het met 10,5 persent gestyg wat afval en geprosesseerde vleis insluit – omdat Namibië nie meer boeliebief vervaardig nie.