Beplan om ‘Januworry’ te vermy
Gedurende die feesseisoen is baie mense geneig om te veel te bestee aan vieringe, reis, geskenke en vermaak, wat finansiële uitdagings in Januarie veroorsaak wanneer skoolgeld en ander uitgawes betaal moet word. Beplanning kan help om finansiële spanning in Januarie te voorkom, sonder die stres van oormatige skuld. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels, wat sê dit gaan alles oor goeie beplanning.