Windhoek se opposisie vergader vandag vir ampsdraers

Plaaslike media berig dat die opposisiepartye, die IPC, LPM, PDM, Affirmative Repositioning en Nudo, wat 10 uit die 15 setels in Stad Windhoek hou, vandag sal vergader om poste toe te ken. Dit kom na Stad Windhoek se verkiesing vir ampsdraers weer Maandag misluk het omdat daar geen kworum was nie en die stad sit tans sonder leierskap. Die IPC en Nudo het voorheen enige koalisies geweier maar het nou by die opposisie aangesluit.