Agentskappe wat werk verskaf onder die loep by arbeid
Die arbeidministerie en die regering se inligtingsessies-span het onlangs die regulering van private indiensnemingsagentskappe bespreek. Volgens Filemon Leonard, die ministerie se waarnemende senior indiensnemingsbeampte, is die grootste uitdaging wat hulle by dié agentskappe ervaar dat werksoekers moet betaal om op hul platforms gelys te word. Die gevolge wat private agentskappe dan in die gesig staar, is om gesanksioneer te word en tronkstraf kan ook opgelê word. Leonard het meer oor ander uitdagings.