Mosiehof hanteer 120 verstekvonnis aansoeke
‘n Reuse-120 aansoeke vir verstekvonnisse is vanoggend in die mosiehof hanteer met 30 sake op die reël 108-rol. Regters George Coleman en Kobus Miller het die sessies hanteer en kommersiële banke het 50 van die aansoeke gebring. Die banke eis 27 eiendomme op met ‘n skuldlas van amper 28 miljoen Namibiese dollar. Daar is ook 15 miljoen dollar betaalbaar op 22 lenings en een voertuig moet terugbesorg word. In Maandag se sessie hanteer regter Collins Parker 49 onverdedigde egskeidings.