PDM wil nie praat oor planne en swak vertoning nie

Die vorige amptelike opposisie-party, die PDM, het 11 setels i n die verkiesings verloor. Hulle het in die vorige termyn 16 setels gehad en het nou net vyf. Die IPC het sterk vertoon en sal die amptelike opposisie word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die PDM se sekretaris generaal, Manuel Ngaringombe, wat sê hy kan nie nou hulle planne uiteensit nie want hulle gaan die Verkiesingskommissie hof toe vat.