Dairies sê Stad Windhoek het dagvaardiging versaak
Dit wil voorkom asof die saak tussen Stad Windhoek en Namibia Dairies stilstaan. Stad Windhoek dagvaar Namibia Dairies vir net meer as 24,5 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding na ‘n swaar-oliestorting in Februarie 2019. Die stad sê ‘n foutiewe klep by die Avis-aanleg van Dairies het veroorsaak dat die olie nie net in die Gammams-herwinningsaanleg beland nie, maar het ook besoedeling daar en by die aanleg veroorsaak. In stukke voor regter Kobus Miller sê Dairies dat die stad reeds in Augustus vanjaar getuienis moes ingedien het maar het nie en het ook nie uitstel gevra nie. Dus, sê die maatskappy dat dit voorkom asof die stad nie die saak verder wil vat nie en vra vir ‘n datum om kostes te bepaal. Die saak kom vanoggend weer voor.