Homa wil sy titel by Nedbank-reeks suksesvol verdedig

Die verdedigende kampioen, Max Homa, lei een van die sterkste velde van die Nedbank-uitdaagreeks by Sun City. Die Amerikaner wil die agtste speler in die toernooi se geskiedenis word wat sy titel suksesvol verdedig. Saam met hom is sy landgenoot Will Zalatoris en die twee Kanadese, Corey Conners en Mackenzie Hughes. Thriston Lawrence lei ʼn sterk plaaslike groep wat Christiaan Bezuidenhout en Erik van Rooyen insluit. Lawrence sê dis altyd ʼn hoogtepunt om by die Gary Player-buiteklub te speel: