Kommer oor 16 000 SA-onderwysers met kriminele rekords 

Onderwysaktivis Hendrick Makaneta versoek die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders om alle onderrigsertifikate te kanselleer en met ‘n landwye proses van herregistrasie vir opvoeders te begin. Dit volg op onthullings dat 16 000 onderwysers na bewering misdaadrekords het, wat kommer laat ontstaan oor leerders se veiligheid. Makaneta glo herregistrasie met agtergrond-ondersoeke sal die publiek se vertroue herstel en verseker slegs gekwalifiseerde, etiese onderwysers bly in die beroep: