Ekonoom sit N$7,8 miljard handelstekort uiteen
Die land se handelstekort het in Oktober tot 7,8 miljard Namibiese dollar gestyg, hoofsaaklik omdat uitvoere gedaal het. In baie sektore word ook op invoere staatgemaak om in plaaslike vraag te voorsien. Vis was steeds die enigste nie-mineraal onder die top-vyf uitvoere. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van PSG Wealth en het met Christopher Freygang, die besigheidsontwikkeling bestuurder gepraat wat die bevindinge uiteensit.