Is Ongwediva dan ‘n varkhok? 

Varke het Ongwediva oorgeneem… en die dorpsraad het planne aangekondig om die diere wat hulle geskut het, varke op te veil, aangesien geeneen sedert 2022 deur hul eienaars losgekoop of opgeëis is nie. Ten spyte van deeglike pogings bly die eienaars ongeïdentifiseer. Die dorpsraad se woordvoerder, Ottilie Shingenge, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê varke wat in die dorp rondloop hou gesondheids- en veiligheidsrisiko’s in.