17-jarige in arres na beweerde verkragting van seun, 7

’n 17-jarige jeugdige is in die Omusati-streek in hegtenis geneem na hy na bewering ’n sewejarige seun verkrag het. Die Namibiese polisiemag se streekbevelvoerder vir Omusati, kommissaris Ismael Basson, sê die voorval het na bewering by die Onahende-dorpie in die Outapi-kiesafdeling plaasgevind. Die verdagte is ‘n huishulp en het na bewering in die vroeë oggendure van Maandag seksuele omgang met die seun gehad. Basson sê die saak is deur ‘n familielid aangemeld.