Ingenieurs kom bymekaar by Unam-Ongwediva

Unam bied tans ‘n ingenieurskonferensie by die José dos Santos-kampus in Ongwediva aan. Die geleentheid het ten doel om besprekings en navorsing oor die nuutste tegnologie-ontwikkelings te bevorder. Dit bied ‘n platform vir ingenieurs, navorsers en studente om ontluikende neigings en hul impak op verskeie industrieë te verken. Dr. Clement Temaneh van die Elektriese en Rekenaarafdeling by Unam het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.