Rehoboth se eerste beesvleis-uitvoere volgende jaar verwag
Die verwagting is dat Rehoboth Meat Processors se eerste uitvoerbesending van beesvleis in die nuwe jaar oorsese markte gaan vertrek. Agriforum berig dat onderhandelings reeds in ‘n gevorderde stadium is en reëlings vir die lewering van slagdiere agtermekaar is. Opgradering, modernisering en aanbouings by die aanleg is reeds afgehandel. Sarel du Toit, direksievoorsitter, sê sertifiserings is afgehandel. Die eerste vraghouers met versnitte beesvleis, wat Wagyu insluit, sal na verwagting teen die einde van die eerste kwartaal volgende jaar na hul oorsese markbestemmings vertrek.