Bewareas kry weer tydelike interdik teen mynbedrywighede
Ultimate Safaris en die bewareas Sorris Sorris, Doro !Nawas en Uibasen Twyfelfontein is ‘n interdik in die hoërhof toegestaan wat alle mynbedrywighede in die gebiede tydelik verbied. Die interdik is geldig tot die afhandeling van ‘n hersiene aansoek in die hoërhof. Die aansoek sal eers volgende jaar aangehoor word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tristan Cowley, die uitvoerende hoof van Ultimate Safaris, wat meer inligting gee.