NNN nou op 51,88%, Swapo op 57,08%
Die voorsitter van die Namibië Verkiesingskommissie, Elsie Nghikembua het die uitslae van 31 kiesafdelings ten opsigte van die presidensiële verkiesing en 24 kiesafdelings vir die Nasionale Vergadering gelees.
TERUG: Volgens die kommissie het Swapo se Netumbo Nandi-Ndaitwah sover 51,88 persent van stemme in die presidensiële verkiesing, met die IPC se Panduleni Itula op 28,25 persent en Bernadus Swartbooi van die LPM op 8,16 persent. Nasionaal het Swapo 57,08 persent, die IPC 17,42 persent en die LPM 6,37 persent. Die volledige resultate kan op die ECN-toep gevind word.