Bokke boaan punteleer met All Blacks wat Ierland klop
Nieu-Seeland het Ierland uitgeskop uit die eerste posisie op Wêreldrugby se ranglys na hulle oortuigende 23-13-oorwinning op die Aviva-stadion in Dublin. Dit beteken Suid-Afrika is vir nou terug boaan die lys, met die All Blacks tweede en Ierland derde. Wêreldrugby se ranglys word amptelik eers Maandag op datum gebring, maar soos dinge nou staan is Suid-Afrika eerste met 91,77-punte, Nieu-Seeland tweede met 91,21, en Ierland derde met 90,58. Die ranglys kan egter weer verander sou die Bokke môre teen Skotland op Murrayfield verloor.