Onderwysers kan net dissipline wat van die huis kom, handhaaf
Dissipline is ‘n uitdaging in talle skole regoor die land. Die uitvoerende direkteur van onderwys Sanet Steenkamp het ‘n streng waarskuwing gerig aan leerders wat onderwysers minag en gesê dit sal nie geduld word nie. Sy sê onderwysers word aangestel om dissipline aan te wakker en die waardes wat leerders van die huis af bring, te handhaaf. Sy verwag van alle leerders om respek vir hul onderwysers en die onderwysberoep te toon. Kosmos 94.1 Nuus het met Steenkamp gesels, wat beklemtoon dat dissipline by die huis begin en dat geen leerder onderwysers moet minag of dreig nie.