Al ooit gehoor van ‘n beer met ‘n paspoort?

Paddington Bear is al vir jare ‘n gunsteling in vele huise en het nou na 66 jaar vanaf sy aankoms in Londen, ‘n Britse paspoort ontvang.

Rolprentvervaardigers het ‘n paspoort vir die Peruaanse beer aangevra wat eintlik net sou dien om gebruik te word in die nuutste film, Paddington in Peru, maar dit blyk dat Binnelandse sake ‘n sin vir humor het.

Mede-vervaardiger Rob Silva sê dat hulle vir ‘n replika gevra het, maar ‘n amptelike een gekry het.

Die binnelandse kantoor het egter bevestig dat dit ‘n voorbeelddokument was en nie eintlik gebruik kan word nie.

Paddington is in 1958 geskep deur Michael Bond, wat gesê het die geliefde beer van “donker Peru” is geïnspireer deur sy kinderjare tydens die Tweede Wêreldoorlog.

“Toe ek klein was, het ek herinneringe gehad van kinders wat uit Londen ontruim is met ’n etiket om hul nekke en al hul besittings in ’n tas, en dit het ook deel van Paddington geword,” .

“Paddington Bear was ‘n vlugteling met ‘n etiket – ‘Kyk asseblief mooi na hierdie beer. Dankie’, en hy het ‘n klein tassie gehad.”

Paddington arriveer as ‘n verstekeling op ‘n boot vanaf Suid-Amerika en bly by die Brown-gesin, wat hom vernoem na die Londense treinstasie waar hulle hom gevind het.

Paddington in Peru, die derde rolprent, word binnekort vrygestel.