Harris trek Trump se stamina in twyfel

Kamala Harris het by ‘n saamtrek in Grand Rapids, Michigan, Donald Trump se stamina vir ‘n tweede presidentskap bevraagteken. Dit volg op berigte dat die 78-jarige Trump media-onderhoude gekanselleer het. Sy het gesê as hy nie die strawwe verkiesingveldtog kan hanteer nie, is hy nie geskik om die werk te doen nie. Harris en haar Republikeinse teenstander was albei in Michigan om te probeer steun wen in die slagveldstaat, wat die verkiesing op 5 November kan beslis.