Sneeu: Vlak 6-waarskuwing vir KZN

Die KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, het aangekondig rampbestuurspanne is op bystand in reaksie op die erge weerwaarskuwings oor die naweek. ‘n Vlak ses-sneeustorm word  verwag. Senzelwe Mzila van die departement het inwoners aangeraai om onnodige reise te vermy en boere versoek om vee teen die koue te beskerm. Intussen sê Snow Report SA dat talle voertuie tussen Johannesburg en Durban gestrand is deur die nag as gevolg van die sneeu. Dele van die Oos-Kaap is ook geraak.