BoN se kleinhandeleffekte ‘n goeie ding – ekonoom

Die Bank van Namibië het die land se eerste kleinhandeleffekte bekend gestel. Die effekte is ontwerp om lae- tot medium-inkomste individue ‘n veilige en toeganklike manier te bied om in staatskuld te belê. Die effekte het laer toegangsvereistes wat dit meer toeganklik maak. Die inisiatief het ten doel om finansiële insluiting, spaargeld en finansiële geletterdheid onder Namibiërs te bevorder. Kosmos 94.1 nuus het met Arney Tjaronda, ‘n plaaslike beleggingspesialis, gepraat.