Groenwaterstof-werkswinkel aan die gang in die hoofstad

‘n Werkswinkel getiteld “Gedeelde energie-toekoms: versterking van die burgerlike samelewing en gemeenskapstemme oor groen waterstof” is tans aan die gang in die hoofstad. Die driedaagse werkswinkel het ten doel om begrip van Namibië se groenwaterstofprogram onder Namibiese en Suid-Afrikaanse burgerlike samelewingsorganisasies te verdiep. Ronny Dempers van die Namibia Development Workshop het die openings sessie gelei.