Nuwe Amerikaanse Ope rekord vir Evans

Tennis: Die eersteronde-wedstryd tussen die 23ste gekeurde Rus, Karen Khachanov, en die ongekeurde Brit, Daniel Evans, is nou die langste wedstryd in die geskiedenis van die Amerikaanse Ope. Dit het vyf-uur-35-minute geduur voordat Evans van stroop-4 teruggeveg het om die laaste stel 6-4 te beklink. Elke stel het langer as ‘n uur geduur. Die vorige rekord was tussen Stefan Edberg van Swede en die Amerikaner Michael Chang, wat vyf-uur-26-minute lank sake uitgespook het in die halfeindronde van 1992 voor Edberg gewen het.