Unam-skool vir veeartsenykunde vier besonderse mylpaal

In 2020 het die Unam-skool vir veeartsenykunde die gradeplegtigheid van hul eerste 17 gegradueerdes gehad. In dieselfde jaar het die bou van die veeartsenykundige akademiese hospitaal begin en in 2022 is dit amptelik ingewy as die eerste van sy soort in Namibië. Die skool het op ‘n persinligtingsessie aangekondig dat al hul gegradueerdes in diens geneem is. Dr. Rainer Hassel, hoof van die Veterinêre Akademiese Hospitaal se buitepasiënte-eenheid, gee ‘n oorsig.