Cran her-adverteer konsultasie-tender

Die Namibiese kommunikasie-owerheid Cran, het weer ‘n tender uitgesit vir konsultasie-dienste vir die konstruksie van sy nuwe hoofkantoor. Die owerheid het 18 maande gelede die eerste aankondiging gemaak en wat in Februarie verlede jaar gesluit het. ‘n Totaal van 19 argitekte het aansoeke ingedien. Dit is nie bekend wat van die tender geword het nie omdat Cran geen kennisgewing van die kansellasie daarvan uitgereik het nie. Cran het onlangs getrek en is nou bedrywig by Freedom Plaza in die hoofstad.