Meer as 2 miljoen kaartjies reeds verkoop vir Para Spele
Paralimpiese Spele: Die organiseerders van die Paralimpiese Spele in Parys het aangekondig meer as twee-miljoen kaartjies is reeds verkoop terwyl die Spele gereedmaak om af te skop. Daar is nog 500-duisend onverkoopte kaartjies vir die Spele wat vandag begin met ‘n openingseremonie in sentraal-Parys. Die gewildste sportsoorte is blinde sokker, taekwondo, baanfietsry, skiet, driekamp en ruitersport.