Alcaraz nie bekommerd oor verswikte enkel
Tennis: Die viermalige Grand Slam-kampioen Carlos Alcaraz sê hy behoort piekfyn te wees vir sy eerste wedstryd van die Amerikaanse Open na die naweek se groot skrik oor sy enkel. Hy het Saterdag ophou oefen nadat hy sy enkel verswik het. Die derdegekeurde Spanjaard sê hy het ‘n paar uur later weer gemaklik gevoel en is nie bekommerd oor sy deelname aan die jaar se laaste Grand Slam-toernooi nie. Hy kom in die eerste rondte op Flushing Meadows in New York te staan teen die wêreld se nommer 189, die Australiër Li Tu.