Sakelui ‘moet handelsooreenkomste benut’

Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah versoek Namibiese sakelui om hulself vertroud te maak met die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied, AfCFTA, waarvan Namibië deel is, om buite die land se grense handel te dryf. Sy het gesê die betrokkenheid van sakelui sal verseker dat die belegging wat deur die regering gemaak word nie tot niet gaan nie, en bygevoeg dat hulle die voordele van handel buite Namibiese grense teen ‘n bekostigbare koers sal geniet. Sy het gepraat by die amptelike opening van die 23ste uitgawe van die Ongwediva Handelskou, wat onder die tema ‘Oorbrug tradisie en innovasie’ gehou word. Sy sê vir plaaslike besighede om suksesvol aan die streeks- en globale ekonomie deel te neem, moet hulle innoverende, slim en toepaslike tegnologieë aanneem om kompeterend te wees.