SANparke hervestig ses leeus in Kruger
Mpumalanga se Toerisme- en Parke-agentskap sê ses leeus word tans gemonitor en dit lyk asof hulle goed in die Krugerwildtuin aanpas. Die agentskap se woordvoerder, Simphiwe Shungube, sê die diere kon nie na die Riverside-plaas in Malelane teruggebring word van waar hulle gekom het nie, want hulle is deur ‘n nuwe groep leeumannetjies weggejaag en sou óf vrekgemaak word, óf weer ontsnap het, en ‘n gevaar vir gemeenskappe skep: