Kommer oor ‘deurgedrukte’ wetgewing
Die Nasionale Vergadering het ‘n spesiale sessie die week gehou. Verskeie wetgewings en komittee verslae is bespreek. Ten spyte daarvan dat die parlementslede gedruk is vir tyd was daar op die laaste dag geen kworum om oor items te stem nie. Een van die omstrede wetgewings wat voorgestel was, gaan oor ‘n verbod op publieke byeenkomste en betogings naby nasionale geboue soos die Nasionale Vergadering en howe. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, wat sê dit is kommerwekkend dat wetgewing nie behoorlik bespreek word nie.