NV verdaag sonder kworum op laaste dag

Die Nasionale Vergadering het tot September verdaag nadat ‘n spesiale sessie vandeesweek gehou is om agterstallige sake af te handel. Die sittings het egter weer geëindig met geen stemkworum vir die staande komiteeverslae wat ter tafel gelê sou word nie. Die laaste item was die oorweging van ‘n komiteeverslag oor toesigbesoeke aan groenskemas en landbouprojekte in die Karas- en Hardap-streke. Adjunkspeaker Loide Kasingo het die 9de parlementêre sitting verdaag.