Alweendo is onbeïndruk met mynlisensie-proses

Die lynminister Tom Alweendo het die 11de Mynbou-ekspo vanoggend in die hoofstad geopen. Hy sê daar is ‘n aansienlike toename in eksplorasielisensie-aansoeke opgemerk. Hy sê verder minder as die helfte van die toegekende lisensies is aktief. Dus, is strenger lisensieprosesse aangekondig.