Google bedryf ‘monopolie’
‘n Federale regter het beslis Google het Amerikaanse teen-mededingingswetgewing oortree deur sy monopolie op aanlyn-soektogte en verwante advertensies. Die Departement van Justisie het die maatskappy in 2020 gedagvaar oor sy beheer oor sowat 90-persent van die aanlynsoektogmark. Regter Amit Mehta sê Google se dominante posisie het tot teen-mededingende optrede gelei wat moet end kry. Die maatskappy beoog om teen die uitspraak te appelleer. Die Amerikaanse prokureur-generaal , Merrick Garland het die uitspraak verwelkom en sê nie enige maatskappy, hoe groot of invloedryk, is bo die wet verhewe nie.