DA stel ondersoek in na gewapende rooftog by polisiekantoor

Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap gaan môre ‘n oorsigbesoek bring aan die Tsineng-polisiekantoor in die Joe Morolong-gebied. Gewapende rowers het Saterdag toegeslaan en die polisiekantoor beroof. ‘n Polisiebeampte is aangehou terwyl verdagtes ‘n groot hoeveelheid wapens en ammunisie gesteel het. ‘n DA-woordvoerder, Ofentse Mokae, sê polisiekantore se veiligheid moet onder die loep kom.