Vermeende kripto-bedrog meesterbrein kry borg
Een van die beskuldigdes in die kripto-bedrogspul saak, Haifeng Zheng, is borg van 100 000 Namibiese dollar toegestaan. Hy word na bewering beskou as die meesterbrein van ‘n sindikaat wat Amerikaners en Europeërs geteiken het met kriptobates. Die groep is op 5 Oktober verlede jaar in Klein Windhoek en Auasblick in hegtenis geneem. Sewe van Zhang se mede-beskuldigdes is vroeër op borg vrygelaat. Hulle staar 98 klagtes in die gesig wat insluit mensehandel, bedrog, geldwassery, rampokkery, belastingontduiking en oortreding van immigrasie-wette.