Vlugte na en van Namibië sover normaal
Die Namibië Lughawensmaatskappy sê dat alle geskeduleerde vlugte na plaaslike lughawens sover normaal afgeloop het. Die maatskappy verwys na die wêreldwye inligtingstegnologie-kwessie wat sommige lugrederye se aanmeldstelsels sedert vanoggend raak. Passasiers word aangeraai om in kontak te bly met hul lugdienste via webwerwe en sosiale media, vir advies en opdaterings oor spesifieke vlugte. Die Lughawensmaatskappy se standaard passasiersadvies is om twee uur voor internasionale vlugte by die lughawe aan te meld.