Rooikruis sê hospitale in Gaza is op breekpunt
Alle gesondheidsfasiliteite in die suidelike dele van Gaza is op breekpunt weens die invloei van mense wat gewond is tydens Israelse lugaanvalle. Volgens die Rooikruis mag dokters dalk binnekort moeilike keuses moet maak oor wie behandel word. Die Internasionale Komitee van die Rooikruis sê die veldhospitaal met 60-beddens in die stad Rafah, het 26 mense opgeneem wat gehospitaliseer moes word vir skrapnel en ander beserings na ‘n aanval Saterdag op die Al-Mawasi-kamp vir hawelose mense.