Biden steeds onder skoot vir bevoegdheid

President Joe Biden kom onder toenemende druk om uit die presidensiële wedloop te tree na sy swak vertoning tydens sy debat teen Donald Trump. Senators van sy eie party sê ook ‘n plaasvervanger moet gevind word omdat Biden eenvoudig te oud is. Maar, die goewerneur van Kentucky, Andy Beshear het ‘n heel ander benadering…