Registrasie van kiesers sal dalk verleng moet word
Slegs sowat 520 000 kiesers is in die eerste drie weke geregistreer, en nog bykans 1,7 miljoen moet voor 1 Augustus geregistreer word. Die Verkiesingskommissie het reeds sekere probleme uitgelig, soos dat kommunale boere wat met hul vee agter weiding aan trek moeilik sal wees om te registreer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê die registrasietyd moet dalk verleng word, maar mense moet ook hulle deel doen en betyds gaan registreer.