Skotte is bang vir Libbok
Glasgow Warriors beskou die Springbok-losskakel van die Stormers, Manie Libbok, as die gevaarman in Saterdag se kwarteindstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die gashere beskryf die Wêreldbeker-wenner as ‘n kulkunstenaar en hulle sal hom teiken in die Skotse stad. Volgens die aanvalsafrigter, Nigel Carolan, is Libbok een van die beste losskakels in die sport en sê die Stormers presteer nie so goed as hy nie op sy beste is nie. Afskop in Scotstoun is net na half-nege Saterdagaand.