NRU Premierliga uitslae na eerste ronde
Reho Falcon en Western Suburbs het albei skok-uitslae gelewer aan die einde van die eerste ronde van die Namibië Rugby Unie premierliga. FNB Unam was onoorwonne voorlopers, maar hul nederlaag van 17-21 teen Reho Falcon het Wanderers toegelaat om die boonste plek in te neem. Wanderers het Grootfontein op hul tuisveld met 6 drieë verslaan. Kudus het hul derde posisie behou, maar het 23-24 verloor teen Suburbs in Khomasdal. Trustco United het Rehoboth met 39-21 op Gemsbokpark in Olympia geklop. Grootfontein se vleuel Mischael Marais is lewenslank geskors en sy broer, skrumskakel Zehmuel Marais vir vier weke, na ‘n dissiplinêre verhoor. Mischael het skeidsregter Oscar Lambert die vorige naweek platgeduik in hul wedstryd teen Reho Falcon toe hy Zehmuel ‘n rooi kaart wou wys.