Dis hoekom brandstofpryse onveranderd bly

Die energie-ministerie het besluit om brandstof pryse onveranderd te hou in Junie. Op Walvisbaai is petrol steeds 23 Namibiese dollar per liter, diesel 50ppm kos 22 dollar 17 sent per liter en die prys van 10ppm diesel bly op 22 dollar 37 sent per liter. Dit is teen die verwagtinge van ‘n prysdaling in en navrae stroom in oor die rede hiervoor. Stella-Maris Amadhila, ‘n ekonoom by die direktoraat petroleumsake in die energie-ministerie, verduidelik.