SANW-soldate bots met M23-rebelle in DRK
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het bevestig sy lede het met M23-rebelle in die Demokratiese Republiek die Kongo gebots, waartydens een soldaat dood en 13 gewond is. Die gewondes is na die Goma-hospitaal geneem. Twee gepantserde personeel-voertuie is ook in die geveg beskadig. Die SANW sê hy sal meer inligting bekend maak sodra die slagoffer se gesin in kennis gestel is.