EFF sal verkiesingsuitslag aanvaar: Malema

Die EFF-leier Julius Malema sê hulle sien met afwagting uit na die uitslag van die verkiesing. Die party wil die DA as amptelike opposisie verwyder, en een-miljoen stemme in Gauteng en nog ʼn miljoen in KwaZulu-Natal kry. Malema sê die eerste prys is nie om president van Suid-Afrika te word nie, maar om landsburgers se waardigheid te herstel.