Riviere almal laer, Kunene sak steeds

Die Zambezirivier-vlak by Katima Mulilo is steeds op 2,05m. Dit is baie laer as dieselfde tyd verlede jaar, toe dit op 4,70m gevloei het. Die watervlak van die Okavangorivier by Rundu daal geleidelik en is op 4,79m aangeteken. Hierdie vlak is egter hoër as die 4,63m wat verlede jaar dieselfde tyd aangeteken is. Die Kuneneriviervloei by Ruacana het tot 190 kubieke meter per sekonde afgeneem. Die benede-Oranjerivier by Blouputs en Sendelingsdrift is op onderskeidelik 0,37m en 0,26m gemeet.