Inligtingminister wil nie vrae oor Starlink in NV beantwoord nieJune 26, 2025

Inligtingminister Emma Theofelus het in die Nasionale Vergadering gepraat oor die posisie van Starlink, na die PDM-president McHenry Venaani vroeër vrae daaroor gerig het. Starlink is in November verlede jaar beveel om sy internet-dienste in Namibië te staak omdat dit nie plaaslik gelisensieer is nie. Die maatskappy het toe aansoek gedoen vir ‘n lisensie, wat nog nie goedgekeur is nie. Theofelus sê die aansoek word nog bestudeer en wou nie ander vrae wat Venaani gevra het beantwoord nie.