Noord en Suid-Korea deel geskenke uit

Noord-Korea het honderde ballonne met vullis en ontlasting oor die grens na Suid-Korea gestuur en hulle “geskenke van opregtheid” genoem. Seoel voel die daad was laag en gevaarlik. Foto’s wat deur die Suid-Koreaanse weermag vrygestel is, wys opgeblaasde ballonne met plastieksakke daaraan vasgemaak. Meer as 260 ballonne is opgespoor. Noord-Korea sê die ballonne was ‘n vergelding vir voortdurende propaganda-veldtogte deur Noord-Koreaanse aktiviste in Suid-Korea wat gereeld opblaasbote stuur met anti-Pyongyang pamflette,kos, medisyne, geld en USB-stokkies gelaai met K-pop musiekvideo’s.