Gru-verkragting van gestremde meisie, 17
’n 17-jarige meisie met intellektuele gestremdhede is na bewering by die Otjorute-nedersetting in die Ruacana-kiesafdeling verkrag. Die streeksbevelvoerder van Omusati kommissaris Ismael Basson, sê daar word beweer dat die verdagte saam met die meisie, wat verstandelik gestremd is, eenvoudig saam met haar die kamer binnegegaan het, haar ontklee en verkrag. Basson het gesê die verdagte is bekend aan die polisie en moet nog in hegtenis geneem word.